Kontak ons: info@anistemi.co.za

Geriewe

Anistemi is `n ontwikkeling met mooi tuine en grasbedekking met slegs die minimum kunsmatige oppervlaktes.

Die ontwerp is verder so dat daar wandel paaie is wat die verskillende fases aaneenskakel. Soos die res van ons oord is daar geen trappe nie en alle geriewe is op grondvlak met opritte, net waar nodig word trappe aangebring.

Klubhuis/Eetsaal :

Die klubhuis/Eetsaal is geleë by die ingangshek van Anistemi en het aanliggende parkeer ruimtes.

Dit  is `n veeldoelige sentrum waar verskeie programme asook godsdienstige byeenkomste gehou word.

Die klubhuis/Eetsaal is die eiendom van die huiseienaars vereniging en word ook so ontwerp dat toekomstige onderhoud sal laag wees.

Buitelug ontspannings park :

Buitelug ontspannings park is geleë in die middel van Anistemi en oorgedra aan die huiseienaarsvereniging.

Dagsorg Sentrum :

Tans is die sentrum gevestig in `n alternatiewe sentraal geleë gebou op die perseel van waar die oord suster en die staf verpleegster hulle dienste verskaf.

Oor Anistemi :

Hier is tans 112 voltooide wooneenhede wat reeds bewoon word deur inwoners, waarvan die meeste al langer as 8 jaar gelukkig hier woon. Ons is tans besig met die beplanning  vir die aanbou van 40 bystandwoonstelle(assisted living uints), wat binnekort aan die mark bekendgestel gaan word.

Tans is Anistemi in samewerking met Kallie Muller Bouers in die laaste fase om die oorblywendee luukse 15 voltitiel  eenhede te voltooi.

  • Anistemi is geleë op ‘n plattelandse landelike omgewing
  • Ekslusiewe stil deel van Klerksdorp
  • Geen besige verkeer of deurloop van mense of verkeer by die oord
  • Kyk uit in ‘n Westelike rigting na Hartbeesfontein
  • Naby alle hospitale o.a Wilmed Park , Anncron hospitaal wat nou spog met ‘n nuwe hart eenheid en mediese geriewe. 
  • Wilmed Park Hospitaal is 2km vanaf die oord, Ancron Hospitaal is 3km vanaf die oord, 
  • Naby groot winkels en ander geriewe soos Pick ‘n Pay, Spar, FNB, ABSA, Nedbank, MR Price ens. 
  • Pick & Pay , Mr Price, FNB, Nedbank en die Woolworths sentrum is 2,5km vanaf die oord

As ons dan bogenoemde kan saamvat is Anistemi die plek vir gelukkige mense wat n vol lewe wil geniet in n veilige omgewing , waar behoorlik omgesien word na die versorging van ons inwoners.