Algemene Vrae

VRAAG 1

Word ek die eienaar van my eenheid of het ek net lewensreg daarop?

A: Al ons losstaande erwe is voltitel erwe. Die aftreesuites is deeltiteleenhede. In beide gevalle beteken dit dat u eiendomsreg het wat in u naam geregistreer word in die Aktekantoor.

VRAAG 2

As ek my eiendom verkoop, moet ek n gedeelte van die koopprys aan die oord teruggee wanneer ek my eiendom verkoop?

A:  Nee, die volle verkoopprys is joune om te doen daarmee wat jy wil.

VRAAG 3

Watter verskuilde kostes is daar wat ek behoort van te weet?

A: Daar is geen verskuilde kostes nie. U sal die maandelikse heffing aan die  Huiseienaarsvereniging moet betaal.. As eienaar is u verplig om die munisipale belasting aan die plaaslike owerheid te betaal asook u maandelikse munisipale rekening vir dienste gelewer en beskikbaar van dienste. Alle krag in die oord is koopkrag en elke eenheid is voorsien van n koopkrag meter en is u self verantwoordelik  vir die aankoop van u elektrisiteit.

VRAAG 4

Sal daar n siekeboeg (Frail care) fasiliteit in die oord gebou word?

A: Nee daar word geen siekeboeg gebou nie. Ons versorging in die oord is gebaseer op tuisversorging en word u versorg in die privaatheid en gerief van u woning. 'n Dagsorgkliniek sal gebou word na die voltooiing van fase 4, vanwaar die versorging dienste gelewer sal word.

VRAAG 5

Hoe veilig is dit om in Anistemi te bly?

A: Baie veilig, ons het ‘n 24 Huur toegangsbeheer by die ingang by die oord met 2m hoë muur wat ten volle ge-elektrifiseerd is.

VRAAG 6

Vir wie almal is Anistemi ‘n goeie bestemming?

A: Vir almal ouer as 50 jaar. By getroude pare moet een van die eggenote 50 jaar of ouer wees.

VRAAG 7

Kan ek steeds aanhou werk terwyl ek in Anistemi sou bly?

A: Ja, niks verhinder u om op te hou werk wanneer u uself huisves in die oord nie.

VRAAG 8

Kan ek sluit en ry?

A: Ja, die sekuriteit in die oord is goed.Verder word u gras en rante een keer per week gesny,al is u nie by die huis nie. U moet egter self reel vir natmaak van u tuin.

VRAAG 9

Is my geliefde hondjie welkom?

A: twee honde maksimum per eenheid word toegelaat. Die hond mag nie hoer as 50 cm in hoogte wees nie. Geen katte word toegelaat nie. Pappegaaie is welkom in die oord

VRAAG 10

Sal ek nodig hê om weer te skuif?

A: Nee. U bly in u eie woning wat gelee in n veilige omgewing, en ook waar u ouderdomsgroep bly. Versorging vind plaas in u eie woning. U kan dus rustig bly en n vol lewe geniet. 

VRAAG 11

Is my privaatheid beskerm?

A: U woning is u eiendom, en uself kan besluit tot watter mate u wil deelneem in gemeenskaplike aktiwiteite. Niemand gaan kom inbreuk maak op u privaatheid nie.

VRAAG 12

Wat van instandhouding?

A: By die voltitelerwe is uself verantwoordelik vir alle instandhouding op u erf.

By die aftreesuites(deeltiteleenhede) is die beheerliggaam verantwoordelik vir die onderhoud en instrandhouding aan die buitekant van die eenheid, maar aan die binnekant  van u eenheid is uself verantwoordelik vir die instandhouding

VRAAG 13

Watter sosiale verkeer en aktiwiteite is daar?

A: Daar is n aktiewe sosiale komitee in die oord wat bestaan uit inwoners, en hulle reel aktiwiteite en programme in die oord.Daar is n ontspanningsaal wat vir hierdie aktiwiteite in die oord aangewend kan word

VRAAG 14

Hoe word bekostigbaarheid verseker?

A: Die heffings word jaarliks vasgestel op die jaarvergadering van die huiseienaarsvereniging.’n Behoorlike begroting word voorberei en voooraf gesirkuleer.Daar word verseker dat die heffings behoorlike waarde vir u geld bied.

VRAAG 15

Vertel my meer van die omgewing?

A: Plattelandse landelike omgewing

Ekslusiewe stil deel van Klerksdorp

Geen besige verkeer of deurloop van mense of verkeer by die oord.

Kyk uit in ‘n Westelike rigting na Hartbeesfontein

Naby alle hospitale en mediese geriewe

Naby groot winkels en ander geriewe.

VRAAG 16

Wat gebeur as ek sou verswak?

A: Eerstens word u gesondheid en fisiese vermoens ge evalueer, ten einde u versorgingbehoeftes vas te stel. Dan word in oorleg met u en belanghebbende partye’n plan uitgewerk om aan u behoeftes te voldoen. Die oord sal vir die dienste reel , maar uself kontrakteer met die diensverskaffer en sal self verantwoordelik wees vir betaling van die rekening. 

VRAAG 17

Is my vriende en familie welkom om te kom kuier?

A: U gaste en familie is te enige tyd altyd welkom

VRAAG 18

Hoe ver is ek van hospitale, kerke en besighede?

A: Wilmed Park Hospitaal is 2km vanaf die oord

Ancron Hospitaal is 3km vanaf die oord

Pick & Pay , Mr Price, FNB, Nedbank en die Woolworths sentrum is 2,5km vanaf die oord

Find the latest bookmaker offers available across all uk gambling sites - Bets.Zone - UK Gambling Websites Use our complete list of trusted and reputable operators to see at a glance the best casino, poker, sport and bingo bonuses available online.