Geriewe

Anistemi is `n ontwikkeling met mooi tuine en grasbedekking met slegs die minimum kunsmatige oppervlaktes.

Die ontwerp is verder so dat daar wandel paaie is wat die verskillende fases aaneenskakel.

Soos die res van ons oord is daar geen trappe nie en alle geriewe is op grondvlak met opritte, net waar nodig word trappe aangebring.

Klubhuis :

Die klubhuis is geleë by die ingangshek van Anistemi en het aanliggende parkeer ruimtes.

Dit  word beplan as `n veeldoelige sentrum waar verskeie programme asook godsdienstige byeenkomste kan gehou word.

Die klubhuis is die eiendom van die huiseienaars vereniging en word ook so ontwerp dat toekomstige onderhoud sal laag wees.

Buitelug ontspannings park :

Hiervoor is daar reeds `n stuk grond geoormerk en oorgedra aan die huiseienaarsvereniging, wat tans besig is aan die uit lê en oprigting.

Eetsaal :

Die grond is reeds bepaal, en by voltooiing van aftree suites sal konstruksie begin word.

Dagsorg Sentrum : 

Tans is die sentrum gevestig in `n alternatiewe sentraal geleë gebou op die perseel van waar die oord suster en die staf verpleegster hulle dienste verskaf.

Oor Anistemi : 

Hier is tans  70 voltooide wooneenhede wat reeds bewoon word deur inwoners, waarvan die meeste al langer as 2 jaar gelukkig hier woon. Ons is tans besig met die grondwerke vir die aanbou van 60 bystandwoonstelle(assisted living uints), wat binnekort aan die mark bekendgestel gaan word.

In verdere fases word nog 80 enkeltitel eenhede beplan wat hoofsaaklik kleiner eenhede behels, asook n verdere 18 eenhede waar ons  voorsiening maak vir groot luukse eenhede.

Anistemi is die oord waar ons die geluk van ons inwoners eerste plaas en waar ons oord se naam (Anistemi beteken “Die Here het opgestaan”) gestand doen in die wyse waarop ons besigheid doen en ons inwoners hanteer.

Ons stel inwoners se versorging hoog op prys en ook om dit te voorsien teen die regte koste, en daarom word tuisversorging in ons oord gedoen ,waar inwoners in die bekende omgewing van hulle tuiste versorg word, deur hoogs bekwame en opgeleide personeel. U vind dus in ons oord geen verswakte sorg fasiliteit nie , omdat ons u tuis versorg met die gepaardgaande kostebesparing.

Die klubhuis is pas voltooi en is geleë by die ingangshek van Anistemi, met aanliggende parkeer ruimtes.

As ons dan bogenoemde kan saamvat is Anistemi die plek vir gelukkige mense wat n vol lewe wil geniet in n veilige omgewing , waar behoorlik omgesien word na die versorging van ons inwoners.

Find the latest bookmaker offers available across all uk gambling sites - Bets.Zone - UK Gambling Websites Use our complete list of trusted and reputable operators to see at a glance the best casino, poker, sport and bingo bonuses available online.